Boodskap vir Vandag

Search

Ons lewe self skep vrede

Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak (Jakobus 3:18).

Aan die einde van hoofstuk drie – ons teks vir die week – maak die apostel en skrywer Jakobus ‘n vreemde, maar merkwaardige uitspraak.

Dit is dat die ware wysheid wat ons in staat stel om inskiklik en bedagsaam teenoor ander op te tree, ons terselfdertyd, ja, amper outomaties, in die regte verhouding tot God plaas (Jak 3:18).

Die implikasies van hierdie vreemde stelling is duidelik.

Dit is dat ons nie altyd op ons knieë hoef te gaan om dáár in ‘n vroom, gewyde oomblik ons verhouding met God reg te pleit nie. Nee, deur eenvoudig reg en goed te lééf, dit is met liefde, regverdigheid en bedagsaamheid, kom ons as ‘t ware vanself met God se wil vir die mensdom in pas.

En word ons verhouding met God opnuut bevestig en versterk.

Hierdie vorm van wysheid wat in goeie dade uitkom en wat op dié manier met God se drome saamval, só herinner Jakobus ons verder, bly die onmisbare instrument vir vrede op aarde.

Vandaar dan ook sy oproep: “Gebruik hierdie unieke vorm van wysheid om vrede te maak” (Jak 3:18). Of in die woorde van Franciskus se bekende gebed: “Here, maak my ‘n instrument van vrede.”

Tog merkwaardig dat ons manier van leef vréde kan skep!

O Here, help ons om vandag weer só te leef dat U ons as ‘n instrument van vrede kan gebruik. Amen

Carel Anthonisse

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed