Boodskap vir Vandag

Search

Ons moet dit wórd

‘n Kalm gemoed hou die liggaam gesond (Spreuke 30:30).

Dit is nie genoeg om bloot te hoor dat jy, ter wille van ‘n beter lewe en ‘n heler aarde, ‘n pelgrim moet wees nie.

‘n Mens moet dit beslis ook wórd – die krag en moed bymekaar skraap en dit daadwerklik gaan uitleef. Nie langer blindweg en meganies sáám met die stroom van ons kultuur dryf nie, maar iewers uitklim en ánders, méér betekenisvol en dieper gaan leef.

Om ‘n pelgrim te word, in die woorde van die Hebreërskrywer, is om die toekomstige, die nuwe, dit waarna almal verlang, aktief te gaan soek en te beproef.

’n Beginpunt kan wees om eenvoudig tyd maak om weg te breek uit jou normale en dikwels sieldodende roetine. Om gereeld ‘n stil oomblik of plek vir kalmte, inkeer en nadenke te gaan soek.

Of beter nog: Om alleen of sáám met ander te gaan reis, letterlik ‘n pelgrimstog te onderneem waar jy weer perspektief op jou lewe kan kry. En selfs belangriker: Waar jy in stilte en afsondering nader aan jou Skepper kan kom. En voor jou Skepper ook náder aan die dinge óm jou en aan jou innerlike goeie self – daardie self wat liefdevoller, méér begrypend en geduldig wil wees.

Here, ons weet tog al lankal wat ons in U is. Gees van God, kom en help ons om dit ook te word. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed