Boodskap vir Vandag

Search

Ons mooi aarde

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip” – Genesis 1:26-28.

God het ons, die mens, as rentmeesters oor sy skepping aangestel. Helaas! Ons misluk in die nakom van hierdie besondere opdrag. Geen dier kan in ons plek aangestel word om na ons planeet om te sien nie. Ons het die eretaak gekry, maar ons vernietig eiehandig God se lieflike skepping.

Televisiebeelde en mediaberigte kla ons daagliks aan. Ons kyk met ontsetting na hoe die skepping verniel word: Renosters en olifante word afgemaai; vrugbare habitat word vernietig; lieflike woude word gestroop in die soeke na grondstowwe diep uit die aarde; riviere en oseane word besoedel.

Die mens se onversadigbare sug na geld en rykdom vernietig ons planeet. Ons mooi aarde verskroei. Alles sug en roep na God.

Almagtige Skepper-Koning, U het alles mooi geskape en ons as rentmeesters van u skepping aangestel. Vergewe ons dat ons u skepping deur ons hebsug vernietig. Help ons om elkeen met verantwoordelikheid te leef en u skepping op te pas. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed