Boodskap vir Vandag

Search

Onverwags en tintelend!

Waar liefde is, is daar geen vrees nie (1 Johannes 4:18).

Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie (Spreuke 25:17).

Maria Magdalena, die vrou met wie Jesus so ʼn besonderse verhouding gehad het, moes kort ná Jesus se opstanding leer dat ware liefde, ja, egte intimiteit, meestal ook ʼn bepaalde afstand vereis.

Of, meer positief gestel: Ons verhoudings met ander verdiep juis wanneer ons die waarde van respekvolle afstand en privaatheid besef. Dit wil sê, wanneer ons nie te besitlik, opdringerig of oorafhanklik raak uit vrees dat ons die ander se guns of liefde gaan verloor nie.

Hoe hierdie wonderlike paradoks hom teenoor die ander uitspeel, word treffend uitgebeeld in ʼn gedig van Elizabeth Eybers met die gepaste titel “Ontmoeting”. Gaan soek dit gerus op die internet of ʼn digbundel en lees dit met aandag.

Mag daar nog baie sulke onverwagte ontmoetings vir jou voorlê – ontmoetings wat jou tintelend en vol lewe sal laat. En dít omdat die liefde van Christus, wat naby én ver, intiem én saaklik is, jou voortdurend dring.

Here, dankie vir die gawe van vriende en van intieme ontmoetings. Leer ons vandag opnuut om dit wat ons nooit volledig kan besit nie, as ʼn kosbare herinnering te bewaar. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed