Boodskap vir Vandag

Search

Onverwagse vondse

Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur … Wees goedgesind teenoor alle mense (Romeine 12:15, 17).

Ek het aangetroude familie wat baie privaat leef. Hulle verkies hulle eie geselskap en is sku vir ander mense.

My familie was nie so nie. Veral my pa het, dikwels tot verleentheid van my ma, daarvan gehou om uit te reik en met ander, selfs wildvreemde mense, te gaan gesels.

Soos die dag toe hy in ʼn restaurant spontaan ʼn gesprek met ʼn vreemde egpaar aangeknoop het. En toe ontdek het dat die man, soos my pa se oupa, van Ierland afkomstig was en selfs in dieselfde area grootgeword het. Die vrou, weer, was Duits en het saam met haar man ʼn kerkie in die omgewing kom besoek waar hulle veertig jaar vroeër getroud is. Dit blyk toe dié kerkie was presies dieselfde een waar my pa se skoonouers twee dekades vroeër trou aan mekaar beloof het.

Die raakvlakke was amper te goed om waar te wees.

Wat weer wys hoe die waagmoed om uit te reik en grense na ander oor te steek onverwagte skatte kan oplewer. Geen wonder nie dat die vrou met sagte oë later aanhoudend bly sê het: “Baie dankie dat jy met ons kom praat het.”

Was Jesus se hele lewe nie ook deurspek van sulke ontmoetings nie?

Here, gee ons vandag weer die moed om uit te reik sodat ons U in die teenwoordigheid van die vreemdelinge kan ontdek. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed