Boodskap vir Vandag

Search

Oop harte

“Maak vir ons plek in julle harte (2 Korintiërs 7:2).

God skep vir ons ruimtes, maar ons hou ander mense uit.

Paulus en die gemeente in Korinte het ʼn liefde-haat-verhouding gehad. Hulle het Paulus vergelyk met die “super-apostels”, dié wat bloot oorwinning gepreek het. En hulle het nie gehou van sy voorkoms wat daarop gedui het dat hy al gely het nie. Hulle het ook nie veel gehou van sy boodskap dat sterkte in swakheid te vind is en dat juis gebreekte kleipotte God se lig deurlaat nie.

Tog het Paulus hulle nie gelos nie. In 2 Korintiërs 6:11 skryf hy dat hy en sy reisgenote se harte wyd oop is teenoor hierdie gemeente, maar ook: “Julle word nie deur ons ingeperk nie, maar julle word deur julleself in julle eie binneste ingeperk.” Paulus nooi die gelowiges dan uit om hulle wyd oop te stel. In 2 Korintiërs 7:2 skryf hy: “Maak vir ons ruimte …”

Is ons harte ook soms toe teenoor dié wat goed bedoel omdat ons die onbekende vrees? Die onbekende is tog die Bekende, die God wat ons harte wil vul met meer as wat ons kan droom.

Ek maak vandag my hart vir U oop, Here my God. Help my om my hart en my hande ook teenoor ander oop te maak. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed