Boodskap vir Vandag

Search

Oor Arthur en Will

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God (Psalm 31:15).

Hoe verfrissend om ouer mense te ontmoet wat jonk van gees en verstand gebly het.

Soos die 93-jarige vrou wat nie net eindelose verhale uit die verlede kan opdiep en in groot detail oorvertel nie, maar dit boonop met groot kleur en humor kan doen.

Tina, soos almal haar ken, is vandag vanweë haar sterk persoonlikheid en merkwaardige geheue, die middelpunt en gees van die plek waar sy woon. Haar medebewoners en vriendinne bewonder haar en volg enige dag haar goeie raad, die ouderdom ten spyt.

Sy is boonop ‘n groot rugbyentoesias. Meeste Saterdae tydens die seisoen sluit sy haar deur sodat sy sonder steurnis haar glasie Olof Bergh en die rugbyuitsending kan geniet.

Een Saterdag het sy haar span so luid en driftig aangemoedig dat die bure gedink het daar is fout. Dit het die matrone gekos om die loper te gebruik om die ware toedrag van sake uit te vind.

Dit is dat sy maar net haar span met oorgawe ondersteun.

Haar twee groot vriende op dié stadium, so vertel sy met ‘n skelm glimlag, is natuurlik Arthur en Will. En wanneer mense vraend opkyk en wonder, lig sy toe: “Maar julle behoort hulle tog te ken – artritis en ‘will power'”.

In haar geval is Will nog heelwat sterker as Arthur.

Want so hoort dit – glo sy – by ‘n mens wat op God vertrou.

Here, gee ons vandag weer daardie vertroue en geloof wat ons blymoedig en vol entoesiasme sal hou, al is ons ook ouer. Amen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed