Boodskap vir Vandag

Search

Oor en weer

“Maar dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die gees wat van die Almagtige af kom. Dit is nie die baie jare wat verstandig maak en aan oumense insig gee in wat reg is nie” – Job 32:8-9.

’n Vriendin vertel van ’n Engelssprekende hoërskoolmeisie wie se ma by haar kom aanklop het om haar kind te help om Afrikaans onder die knie te kry. Ná vyf jaar se weeklikse klasse kon die jong meisie vlot Afrikaans praat.

Mettertyd het die juffrou haar vertroueling geword. Dwarsdeur die onseker hoërskooljare was haar onderwyseres ’n vaste baken na wie toe sy elke keer kon terugkom wanneer die lewe daarbuite geniepsig of bloot ’n warboel emosies was.

Daar het egter nóg iets gebeur. Die onderwyseres het deur die tiener se jong oë na die lewe begin kyk. Haar vriendskap met die jong meisie het haar lewe ook verruim. Sy het begin waag. Sy het weer in haarself leer glo. Sy het besef dat sy nog baie het om aan ander te bied. Sy het geleer om weer elke nuwe dag onbevange in te nooi.

Die ouer vrou het die woorde van die jong Elihu in die teksgedeelte hierbo vir haarself toegeëien. Sy het besef dat God haar lewensondervinding wou gebruik om ander se lewe te verryk, maar dat sy terselfdertyd met ’n oop gemoed na ander moes kyk en luister.

Here, ek is bereid om myself oop te stel vir wysheid. Bewaar my daarvan om te dink dat ek alle wysheid in pag het. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed