Boodskap vir Vandag

Search

Oor geduld en deursettingvermoë

Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie (Hebreërs 12:3).

Onlangs sien ek ‘n boeiende televisieprogram van die bekende natuurliefhebber en filmmaker, David Attenborough.

Dit handel oor die avontuur, maar ook die probleme, wat filmmakers ervaar in hulle pogings om wilde diere en veral hulle jaggewoontes af te neem.

In die program word onder andere gewys hoe van die filmmakers letterlik weke moes wag om daardie één regte en opwindende skoot te kry. Vir sommige was die wagtyd net té lank, met die gevolg dat hulle later hulle toerusting opgepak en vertrek het.

Volgens Attenborough bestaan die geheim vir suksesvolle fotografie in die wildernis uit twee belangrike dinge. Dit is geduld en deursettingsvermoë. Daarsonder kan jy by voorbaat reeds dié onderneming prysgee.

Die film het duidelike parallelle met die lewe, veral ook die Christelike lewe. Want is dit nie ook die twee gawes wat ons in tye van geestelike droogte en twyfel benodig nie? Daardie tye wanneer ons moeg is en die sogenaamde wag- en waaktyd net té lank geword het nie?

Die troos is dat daar baie gelowiges is wat ons op hierdie pad vooruit gegaan het. Mense wat die gawes, maar ook die verrassende belonings van geduld en deursettingsvermoë eerstehands ervaar het.

Christus self was in dié opsig ‘n uitnemende voorbeeld. Op Hom moet en kan ons in hierdie lydenstyd opnuut ons oë rig.

Here leer ons vandag u geduld en deursettingsvermoë, sodat ons nie moedeloos sal word nie. Amen

Carel

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.