Boodskap vir Vandag

Search

Oor lojale vriendskap

‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op ‘n vriend wat jou seermaak, kan jy reken (Spreuke 27:5-6).

Ek verwonder my altyd aan hoe lank bestaande en lojale vriendskappe werk.

Want goeie vriende bly nie altyd noodwendig onkrities en blindelings lojaal aan mekaar nie. Juis omdat hulle mekaar so goed ken, weet hulle ook baie goed van mekaar se swakhede, blapse en stommiteite. Sodat hulle soms met ‘n skalkse laggie of glimlag ook ‘n bietjie met hulle vriend sal spot, selfs ook ‘n bietjie oor hom of haar sal skinder.

Maar dan inderdaad met ‘n glimlag. Want lojale vriende kom net van té ver af, het net té veel goeie en slegte tye saam beleef om mekaar sommer net in ‘n oomblik van frustrasie, irritasie of wrewel te versaak of af te skryf.

Wat ‘n geweldige troos om te weet dat daar mense, ja, goeie vriende is wat, ondanks wie ons is of wat ons alles aanvang, steeds by ons staan.

Selfs al is dit met ‘n skalkse, maar toegeneë glimlag om die mond. Ja, selfs al beteken dit dat sulke vriende jou soms, hoe pynlik dit ook al mag wees, direk moet aanpraat of vermaan.

Here, dankie vir vriende wat deur dik en dun by ons sal staan. Ook vrymoedig genoeg is om ons aan te praat en te bestraf wanneer ons fouteer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed