Boodskap vir Vandag

Search

Oor ‘n Drie-enige God

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is (Efesiërs 1:3).

Vir baie mense bly die konsep van ‘n Drie-enige God ‘n vreemde en selfs omstrede konsep of leerstelling.

Tog, wie die Bybel ernstig neem, met name die Nuwe Testament, kan dit kwalik miskyk hoe die skrywers in wat hulle oor God sê, die heeltyd verwys na wat ons die drie bestaanswyses of verskyningsvorms van God kan noem.

‘n Mens sou selfs kon praat van die drie gesigte van die een Godheid.

Vereers is daar die Skeppergod wat, so hoor ons in Genesis 1-2, alles goed en mooi gemaak het. Die God in wie alles bestaan en floreer.

Hierdie God, so getuig die Nuwe Testament, het boonop onder ons kom woon in die gestalte van ‘n eenvoudige Jood, Jesus van Nasaret – God se Seun en ons Middelaar deur wie ons genade en vergifnis ontvang het.

Met sy vertrek hoor ons verder dat hierdie Jesus steeds by ons sal wees, maar nou op ‘n ander manier. Dit is deur sy Gees wat in ons woon – die Gees wat ons sal troos en bly herinner aan Jesus se woorde (Joh 14:25). Wat ons selfs sal help om te bid wanneer ons woorde opdroog (Rom 8:26).

Kom laat ons toegee: Die belydenis van ‘n Drie-enige God dui op ‘n misterie wat ons verstand totaal te bowe gaan. Hoogstens kan ons saam met ‘n bekende teoloog sê dat God se drievoudige gestalte eenvoudig daarop dui dat God in sy diepste wese ‘n God van verhoudings is – ‘n God wat vandag nog by mense soos ons met liefde en genade wil wees.

Om dít van God te weet – dit moet jy óók toegee – is geweldig troosvol. Iets waarvoor ons die Drie-enige God, soos Paulus in Efesiërs 1:3, gedurig kan loof.

Goeie Skepper, troue Verlosser en deernisvolle Trooster – ons aanbid en loof U weer vandag dat U altyd by ons is met u liefde en genade. Ons rus vandag weer in dié wete. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed