Boodskap vir Vandag

Search

Oordeelsvermoë

Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir ’n dwaas – Spreuke 29:20.

“Watter gebed het Professor deur die jare die meeste vir u volwasse kinders gebid?” vra ’n oudstudent aan sy teologie-professor.

“Vir oordeelsvermoë,” antwoord hy sonder om na te dink.

Om goed te kan oordeel, vra dat jy moet weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat. Jy moet weet of jy moet optree of iets liewer moet laat gaan. ’n Pa met oordeelsvermoë weet wanneer om ’n kind te waarsku en wanneer om hom of haar toe te laat om iets nuuts te waag. So ’n pa tree met gesag op. Ander kan sy oordeel vertrou, juis omdat dit nie uit homself kom nie. Hy kry dit by die bron van wysheid. Daarom bied dit sekuriteit vir dié wat nog onseker is.

Op ’n helder Sondagmiddag saam met gelowiges rondom ’n tafel seën die pa van die huis ons almal met Psalm 16:5: “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.”

En toe sluit hy af: “Hierdie stukkie moet vir ons soos ’n uitgetrapte voetpad wees. Ons moet dit so goed ken dat ons daarlangs kan stap as dit lig is – en as dit donker is – sonder om eers na te dink oor waar ons loop.”

Here, gee my goeie oordeel in elke dag se onverwagse situasies. Leer my om op u bekende veilige paaie te stap. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed