Boodskap vir Vandag

Search

Oorgelaat aan onsself

“Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie” (Jesaja 64:7).

Solank ons gewete ons nog pla en ons na God bly roep – al is dit ook met skryende klagtes en versugtinge – is daar nog hoop.

By Israel het hierdie afhanklikheid van God, die onrus en die soeke na God se troosvolle nabyheid, krag en hulp, op ‘n stadium totaal verdwyn.

Hoor net hoe kla Jesaja: “Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie” (Jes 64:7).

Wie God nie langer benodig nie, bevind hulle inderdaad op glibberige terrein. Want aangewys net op jouself en jou eie krag, kan jy maklik afstomp van ander mense, veral van hulle wat arm en lamlendig is. Hulle wat nie so sterk, eiewys en selfstandig soos jy is nie.

Erger nog: Wanneer rampe en ellende jou tref, kan jy skielik uitvind dat jy, selfs met goeie vriende en vennote om jou, self met al jou suksesse en middele, méér alleen en kwesbaar is as wat jy gedink het. Ook nie altyd toegerus vir donker tye nie.

En só, sonder dat jy dit verwag of beplan het, kan jy onverwags in die buurt van wanhoop, uitsigloosheid en selfs groot eensaamheid beland. Asof nou oorgelaat aan jouself.

Ook sonder die troos van ‘n groter Hand wat jou kan dra.

O Here, bewaar ons vandag van onsself. Laat ons nie uit u hand glip nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.