Hemelse Vader,
U bepalings is regverdig en kosbaar,
soeter as suiwer heuning.
Dankie vir u gebooie wat ons lewens sin gee,
en ons vul met hoop en vreugde.
Lei my om te wandel in u waarheid,
en vul my met u wysheid elke dag.
Mag ek nou reeds in die land van melk en heuning leef,
deur u genade en liefde.
Amen.