Boodskap vir Vandag

Search

Oorspronklikheid

Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik.

– Romeine 12:6

 

Is jy oorspronklik? Of gebruik jy gewoonlik ander mense se aanhalings, slagspreuke, pittige sêgoed of Bybelverse wat jy in grootmaat ontvang en aanstuur?

 

Ons almal leen soms by mekaar – ’n koppie suiker, ’n boek, ’n hot tray vir ’n spesiale geleentheid. Ek doen dit ook. En ek leen ook soms woorde en geestelike inspirasie.

 

Ons almal is nie skrywers van formaat nie, en ons hoef ook nie te wees nie. Maar ons almal is oorspronklike, handgemaakte skeppings uit die Vaderhand. Individue met ’n oorspronklike hart en ʼn oorspronklike persoonlikheid waaruit iets oorspronklik kan vloei as

deel van die liggaam van Christus hier op aarde.

 

Soms kry ek op dieselfde dag tot ses keer dieselfde slagspreuk of inspirerende aanhaling op my foon of per e-pos. Dit word dikwels ondeurdag geforward soos ’n kettingbrief of trend.

Grootmaatstyl soos McDonald’s se take aways.

 

Ek moet bely, dié fabriektendens is nie altyd ’n bruistablet vir my siel nie; soms irriteer dit my selfs.

 

Iemand wat egter moeite doen om vir my één sinnetjie te stuur wat hulle self uitgedink het, laat my gees bruis. Dit hoef nie ’n meestermanuskrip te wees nie. “Hoe gaan dit met jou, Susan?” is goed genoeg vir my. Die ware omgee is die boodskap wat deurkom.

 

Om gedurig net tweedehandse sêgoed te sirkuleer, laat ons geestelik afstomp. Wees oorspronklik. Raak stil by die Here, dink aan iemand wat swaarkry, en gee iets uit jóú hart se oortuiging volgens jóú vermoë.

 

Bruisgebed vir geestelike groei: Vader, help my om ander mense met my eie opregte woorde uit my hart te bemoedig.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed