Boodskap vir Vandag

Search

Oortuig voor God

Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting (Rom 14:5).

In Romeine 14 – waar Paulus probeer om die dreigende spanning tussen die sogenaamde vry en swak gelowiges te besweer – is daar nog ʼn perspektief of riglyn wat belangrik is.

Dit is dat ons in die hantering van sensitiewe kwessies sal seker maak ons is in ons eie gemoed oortuig van ons opvattings en keuses (Rom 14:5). Dit beteken ons is volkome helder en rustig daaroor dat ons besluite of optrede die regte besluite of optrede is.

Om die erns van die saak duidelik te maak, neem Paulus dié gedagte selfs verder. Hy beklemtoon dat gelowiges moet seker maak hulle oortuiging is ʼn saak tussen hulle en God (Rom 14:22).

Elders in hierdie gedeelte skryf Paulus dat elkeen oor hom- of haarself voor God rekenskap sal moet gee (Rom 14:12). Dit gaan dus nie in die eerste plek oor wat mense sê of dink, oor watter faksie jy moet navolg of oor wie se kant jy in die konflik kies nie.

Nee, so maklik is dit nie. Veral waar dit om sensitiewe en netelige kwessies gaan, word meer van ons gevra. Daar moet ons heel eerste, en verkieslik in afsondering, ons persoonlike motiewe en sentimente eerlik ondersoek. Só maak ons seker ons besluite dien die groter saak van God se koninkryk, en nie ons eie en dikwels bekrompe sienings en sentimente nie.

Saam daarmee mag ons nooit nalaat om onsself goed in te lig oor die betrokke kwessies wat spanning en konflik veroorsaak nie.

Uiteindelik moet ons, soos Paulus elders versoek (Fil 4:6), die hele aangeleentheid of strydpunt met gebed en smeking voor God bring.

Totdat ons in ons gemoed en ons gewete oortuig is ons het reg besluit.

O Here, U ken ons hart. Gee tog vandag weer deur u Gees helderheid oor netelige kwessies en skep ʼn vaste oortuiging oor besluite wat ons moet neem. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed