Boodskap vir Vandag

Search

Op verskillende vlakke

Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla (1 Petrus 4:9).

Gasvryheid is ‘n instelling teenoor ons medemens wat op verskillende vlakke en lewensfere uitgeleef kan en moet word.

Allereers is dit iets wat gedurig tussen ouers en kinders behoort te gebeur.

Kinders is nie, soos iemand eenmaal geskryf het, eiendom waarop ouers geregtig is nie. Hulle is veel eerder gawes en gaste wat altyd met oop hande en warm harte ontvang en gekoester moet word. Net soos wat ouers altyd deur hulle kinders met eerbied en waardering ontvang en dikwels ook versorg moet word.

Dit bly oneindig hartseer wanneer, soos dikwels gebeur, ouers of kinders se deure in dié opsig vir mekaar toeslaan en toe bly. Iets kosbaars gaan dan verlore.

Gasvryheid is ook iets wat tussen werkgewers en werknemers, leermeesters en leerders, beoefen moet word. Een van die mooiste herinneringe uit my studentejare is die gasvrye manier waarop een van my professore my altyd uitgenooi en ontvang het – dikwels laataand en altyd met ‘n breë glimlag, ‘n koppie tee of selfs iets sterkers.

Dat ons, die ouderdom ten spyt, vriende sou word, was onvermydelik.

Maar dan bly daar die vreemdeling wat ons nie kan vermy nie en wat altyd ‘n nuwe uitdaging aan ons vermoë tot onbevooroordeelde liefde en warm gasvryheid stel.

Meer as met baie vir wie ons deure makliker oopswaai, word hier van ons gevra om ‘n ruimte van vryheid (Nouwen) te skep waar die vreemdeling inderdaad ‘n vriend vir ons kan word. In die woorde van die teoloog, Robert Steiner: “Gasvryheid is om by iemand te gaan sit en só na hulle te luister dat jy uiteindelik ook húlle gawes herken en met waardering in ontvangs neem!”

Wat ‘n uitdaging is dit nie – veral in ons land waar inwoners oor jare vreemdelinge vir mekaar geword het!

Here, u gee aan ons vandag weer tallose geleenthede om liefdevol en gasvry teenoor mense op te tree. Help ons om hierdie kanse te benut. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed