Boodskap vir Vandag

Search

Op Wysheid se drumpel

“Gelukkig is die mens wat na my luister deur dag ná dag by my deure te waak, by die kosyne van my ingange wag te hou. Ja, wie my vind, het die lewe gevind; hy geniet die goedkeuring van die Here” – Spreuke 8:34-35 (2020-vertaling).

Wysheid nooi ons elke dag om op die drumpel van haar huis vir haar te staan en wag. Ons is nooit te oud om by haar deur aan te klop nie. ’n Vrou wie se kinders reeds volwasse en uit die huis is, sê: “Ek dink die afgelope tyd dikwels terug aan die tyd toe my kinders klein was. Ek besef dat ek baie foute gemaak het in die proses om hulle groot te kry. Soms was ek ongeduldig. Partykeer het ek impulsief opgetree wanneer ek gereken het ’n onderwyser of sportafrigter benadeel een van hulle. Vandag besef ek dat ek baie besluite geneem het sonder om die Here te raadpleeg. In die proses het ek moontlik mense seergemaak. Ek voel so jammer daaroor.”

Dan sê sy verder: “Ek het vandag steeds wysheid nodig om te kan lewe soos God dit van my verwag. Wanneer ek voor ’n keuse gestel word, weet ek nie altyd wat die regte ding is om te doen nie. Ek kort insig en oorleg. Nie bloot kennis nie. Ek het God se wysheid nodig.”

Ons lewe in ’n gebroke wêreld. Ons maak foute. Daarom bly ons soek na wysheid. Wanneer ons oor Wysheid se drumpel stap, maak Christus nuwe moontlikhede na geestelike groei in ons oop.

Liewe Vader, dankie dat U ons elke dag uitnooi om oor Wysheid se drumpel te stap. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed