Boodskap vir Vandag

Search

Opstand deur gebed

Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het, toon u mag, o God (Psalm 68:29).

Die meeste van ons het grootgeword met die gedagte dat gebed hoofsaaklik ʼn streng persoonlike saak is.

Dit wil sê, dit is ʼn oefening waarin jy as individu jou persoonlike behoeftes, skuld en blydskap voor God kan bring. Waarin jy dikwels ook kan pleit vir genade en hulp vir al die krisisse en fases van jou persoonlike lewe.

My professor op kweekskool het dit eenmaal só uitdruk: “Vir die meeste mense is gebed niks meer nie as ʼn versoeklys aan God.” Wat dit natuurlik wel kan wees. Jesus het ons tog nie verniet genooi om ons na ons binnekamer te keer en daar ons hart voor God uit te stort nie (Matteus 6:6).

Maar gebed is veel meer. Dit het ook ʼn sosiale dimensie. Dit kan ons lewe meer omvattend beïnvloed, self die politieke en maatskaplike sfeer help verander – daar waar onreg en geweld dikwels floreer. Dit is tog wat Jakobus impliseer wanneer hy die stryd en rusies in ʼn samelewing terugvoer na die mens se gierigheid en selfsug. Waarna hy dan byvoeg: “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie” (Jakobus 4:2).

Dit was gedagtig aan hierdie kant van gebed dat die groot Karl Barth kon skryf: “To clasp the hands in prayer is the beginning of an uprising against the disorder of our world.”

Jy sal saamstem: Meer van dié soort protes en opstand is vandag teen ons skewe en korrupte bestel nodig. En jy as gelowige kan daaraan meedoen – deur te bid.

Here, gee my vandag die versugtinge en gebedswoorde wat ʼn verskil aan ons samelewing kan maak. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed