Boodskap vir Vandag

Search

Oupa se hoed

My seun, hou by die gebod van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie – Spreuke 6:20 (2020-vertaling).

Hierdie opdrag loop soos ’n refrein dwarsdeur Spreuke: My seun, hou vas … My seun, luister …

Sonder dat ons altyd daarvan bewus is, hou ons kinders ons dop. Hulle sien wat ons doen en hoor wat ons sê. Dít word deel van hul verwysingsraamwerk. Daarom moet ouers dwarsdeur hul lewe bly soek na wysheid om hul kinders mee te bemagtig.

Toe ’n bejaarde man sterf, is sy vyfjarige kleinseun se enigste begeerte om sy oupa se hoed te kry. Lank ná sy oupa se dood het hy met die grys hoed op sy kop rondgeloop. Onwetend was die hoed die verpersoonliking van sy oupa: Eerbiedwaardig. Wys. Rustig. Altyd reg om saam met hom iewers heen te stap terwyl hy na sy kleinseuntjiestories luister.

Ek dink weer hieraan toe ek ’n haastige jong mamma dophou wat deur ’n winkelsentrum spoed. Sy stuur die trollie met een hand, terwyl sy met iemand op haar selfoon praat. Die kleinding probeer iets sê en trek vergeefs aan haar ma se mou om haar aandag te kry.

“Los daardie foon!” wil ek sê. “Kyk jou kleuter in die oë. Raak aan daardie ronde handjie. Hierdie nabytyd saam met jou kind is maar net ’n trollierit lank!”

Die tyd waarin ons insette in ons kinders se grootword kan gee, is kort. Ons moet daardie tyd gebruik om hulle met wysheid te bedien sodat hulle sal begeer om ons “hoed op te sit”.

Here, help my dat my kinders u wysheid in my sal raaksien. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed