Boodskap vir Vandag

Search

Party se seer neem langer om te genees

As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal … Nou moet julle so ‘n iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom. (2 Korinthiërs 2:5-8).

Jesus het ons nie verniet daaraan herinner dat die ware wysheid die slimmes en geleerdes van die wêreld soms ontglip nie (Matt 11:25).

En dat – en dit is die keersy daarvan – die mees verhewe insigte dikwels onverwags uit die mond van die eenvoudiges, selfs kinders, kan kom nie.

Die week leer ek dié les weer by ‘n eenvoudige arbeider. Hy lê plaveisel by ‘n vriend se huis. Dié kla oor ‘n stuurse buurman wat hom ongevraagd met sy sake bemoei, stories opmaak en ongegronde kritiek lewer. Meesal oor onbenullighede.

Waarop die voorman, toe hy dit hoor, byna nonchalant laat val: “Ja, party se seer neem langer om te genees.”

Wat ‘n merkwaardige en belangrike insig! Want is dit nie so dat agter baie mense se knorrigheid en kwetsende kritiek daar ‘n onvergenoegdheid skuilgaan, selfs ‘n wond of seer wat om aandag en heling roep nie?

Om dít raak te sien, kan ons help om nie onnodig sensitief vir kritiek te wees nie. Of té heftig daarop te reageer asof die probleem uitsluitlik by ons lê nie.

Want sulke kritiek is dikwels ongegrond en, soos die voorman ten regte gesnap het, ‘n projeksie van mense se eie onverwerkte pyn en hartseer.

Paulus het dit geweet. Daarom kon hy, soos ons in 2 Korinthiërs 2:5-11 sien, sy felste kritikus steeds met liefde bejeën.

O Here, gee ons die insig om agter mense se kritiek en sinisme steeds ‘n hart te sien klop – een wat dikwels vol pyn en verdriet is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed