Boodskap vir Vandag

Search

Patience, my dear, patience!

Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde (Efesiërs 4:2)

Onlangs trek ‘n vriendin van ons uit ‘n meer gegoede buurt na ‘n area van eenvoudiger stand.

Haar waarneming is dat die mense in dié eenvoudiger en armer opset mekaar nodiger het, en daarom méér doelbewus uitreik en selfs vriendeliker is. Ook méér verantwoordelikheid neem om vir mekaar te sorg.

En dit ráák haar, verryk haar lewe op onverwagse maniere.

So vertel sy van die nuwe buurvrou wat kort ná haar aankoms kom aanklop het met die vraag: “Nou, wat doen jy vir ‘n lewe?” Op haar antwoord dat sy onderwys gee, word daar eers lank en indringend na haar gestaar, voordat dié wyse woord uitglip: “Patience, my dear, patience.”

Wat ‘n groot les! Nie net vir dié wat in ‘n nuwe omgewing moet aanpas nie. Maar veral ook vir ons wat vandag in moeilike omstandighede verkeer of in veeleisende situasies moet gaan werk.

Geduld bly inderdaad ‘n kosbare en onvervangbare deug.

Here gee ons vandag weer daardie geduld wat ons kan help om met groeiende liefde teenoor alles en almal te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed