Boodskap vir Vandag

Search

Pe-sóónlik, Meneer!

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly” (Johannes 15:9).

Daar is ʼn grappige storie oor ʼn boemelaar wat op ʼn dag, nadat hy weer sy gebruiklike aalmoes op straat gaan vra het, met die volgende vraag gekonfronteer is.

ʼn Lid van die een of ander evangeliese organisasie het só op sy versoek gereageer: “Ek sal jou help, maar sê my eers: Ken jy die Here?”

Waarop die boemelaar blitsvinnig, sonder ʼn oogknip of sweempie twyfel, geantwoord het: “Pe-sóónlik, Meneer!”

Sy vinnige antwoord mag wel ʼn glimlag ontlok. Tog plaas dit die ernstige vraag na die aard van ons geloof onder die soeklig. Hoe sien of beleef ons God? Want dit is moontlik dat ons geloof in God bloot ʼn gewoonte of sosiale konvensie is. Dat dit geen persoonlike betekenis vir ons het nie.

Die teoloog Flip Theron het op ʼn keer geskryf: “As jy op jou geloof vertrou, glo jy nog nie in God nie. As jy op jou bekering vertrou, is jy nog nie noodwendig tot Christus bekeer nie.”

Nee, geloof is inderdaad om ons tot Christus te keer en Hóm te begin volg. En dan soos Paulus te weet: Ek is in sy liefde, ja, in Hom gewortel en gegrondves (Efesiërs 3:16-18). Trouens, Christus self het gesê: “Ek noem julle vriende” (Johannes 15:15). En: “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly” (15:9).

Meer intiem en persoonlik kan dit nie. En dit is die belydenis wat alle ware geloof kenmerk: “Pe-sóónlik, Meneer!”

O Here, soos Petrus, wil ek ook vandag uitroep: “U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Gee my tog meer van u liefde. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed