Boodskap vir Vandag

Search

Praat reg

Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie” (Job 42:7).

Job se wysheid help ons verstaan dat niks so eenvoudig is nie. Dat ons vir God en die lewe nie in boksies kan inpas wat alles vir ons gemaklik en hanteerbaar maak nie.

Binne die oorsaak-en-gevolg-wêreld waarin Job en sy vriende geleef het, moes sy lyding ʼn oorsaak gehad het, naamlik ongeregtigheid of sonde. Job moes iets verkeerds gedoen het.

Hoofstuk ná hoofstuk maan, raas en pleit sy vriende dat Job tog sy skuld moet bely sodat die slegte dinge kan wyk. Job ignoreer egter hulle redenasies en pleit by God. Hy vat God aan. Hy soek antwoorde by God. Hy wag …

Aan die einde van die boek Job sê die Here: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie … My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie. Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie” (42:7-8).
Hoekom nie? Hulle het God (en Job) probeer indruk in hulle siening van hoe dinge is en moet wees.

Here, help ons om nie net te praat sonder om te dink nie. Laat ons reg praat, die waarheid praat, veral oor U. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed