Boodskap vir Vandag

Search

Praat soos God

“Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger” (Genesis 1:26).

Hoe ons praat, het alles te make met hoe God praat. Die eerste woorde in die Bybel is skeppend en bevestigend. God spreek ʼn woord en skep … en wanneer Hy sy handewerk aanskou, bevestig Hy dit as “goed”, selfs as “baie goed”.

God se woord lei na beginnings. Ek kan aan ʼn paar geleenthede in my lewe dink toe iemand se woorde, bevestigend of uitnodigend, tot beginnings in my lewe gelei het. Daar is egter ook oomblikke wanneer ander se woorde die wind uit jou seile haal, jou in jou dop laat kruip of jou moed laat opgee. Woorde is inderdaad kragtig.

Woorde gaan natuurlik gepaard met lyftaal en stemtoon. Ek wonder altyd wat in Jesus se menswees so uitnodigend was dat toe Hy die vissermanne geroep en vir hulle gesê het: “Volg My,” hulle alles net so gelos en agter Hom aan gevolg het.

In Genesis 1:26-27 sê God: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger … God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep.” Of miskien kan ons sê: “Kom Ons skep die mens na ons beeld sodat hy en sy soos Ons kan praat – skeppend en bevestigend.”

Herskep ons, Skepper-God, sodat ons soos U kan wees en soos U sal praat. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed