Boodskap vir Vandag

Search

Primusstoof en glansgoed

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is – Psalm 16:11.

Gelowiges maak hulle dikwels aan die idee skuldig dat voorspoed ’n teken van seën is. Ons is mos op voorspoed geregtig. En ons kan slegs gelukkig wees as dit met ons goed gaan.

M Scott Peck se boek The road less travelled begin met die woorde: “Life is difficult.”

Die lewe is vol ontnugtering, hartseer en terugslae. Seën lê soms juis in die aanvaarding en saamleef met ons onvolmaakthede.

’n Groepie Christene het een Saterdagoggend Delft, ’n buurt vol sinkhuisies en plakkershutte op die Kaapse Vlakte, besoek om die inwoners te bemoedig, vir hulle te bid en kos en klere uit te deel. Maar soos dikwels gebeur, kom die eintlike preek dié oggend toe van ’n bosslaper wat kort tevore die dankbare bewoner van ’n sinkhuisie geword het.

Terwyl hy sy pap buite in die sonnetjie op ’n primusstofie sit en roer, mymer hy: “As jy nie tevrede kan wees met min nie, gaan jy ook nie tevrede kan wees met baie nie.”

Alain de Botton skryf in sy boek The architecture of happiness: “It is in dialogue with pain that many beautiful things acquire their value.” Dikwels laat juis ’n groot ramp of verlies ons besef watter dinge werklik saak maak.

Ons oë gaan skielik oop en ons kyk met nuwe helderte na die lewe. Ons besef dat pap op ’n primusstofie groter seën kan inhou as ’n blinknuwe kar. Daarmee omarm ons die dinge wat die lewe kosbaar maak: Eenvoud. Liefde. Saamwees.

Here, ek sê dankie vir die dinge wat regtig saak maak. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed