Boodskap vir Vandag

Search

Profetiese troos

Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde (Joël 2:13).

Dit is tog interessant hoe elke slag wanneer rampe toeslaan, hetsy via siekte of verlies, plae of epidemies, die praatjies en vrae oor God weer opvlam.

Vir sommige is sulke omstandighede ‘n bewys dat God afwesig, dood en selfs volledig irrelevant is.

Ander wat wel God se bestaan aanvaar, wonder weer oor die aard van God se planne. Is God nie maar onvoorspelbaar, wispelturig en selfs toornig is nie – ‘n God wat eerder straf as vergewe?

Van oudsher was dit die taak van die profete om hierdie Godsgeheim op te klaar. Om ons van God se rol in ons lewe, die geskiedenis en die natuur bewus te hou. Ons ook daaraan te herinner dat daar nie ‘n dag is wat God nie met ons besig is nie. Ja, dat selfs in ons diepste ellendes hierdie God steeds daar is om te werk, te waak en te sorg.

Ten minste was dit waarvan die profeet Joël ,400 jaar voor Christus, sy volk bewus wou maak en wou oortuig. In dié tyd tref ‘n erge springkaanplaag die land. Wat ná die vreters se aanslag oorbly, is ‘n verwoeste land en ‘n volk sonder geloof, hoop of vreugde.

Te midde van hierdie ellende, maan die profeet: “Kom terug na die Here julle God toe. Skeur julle harte. Vas, huil en treur. Roep na God. Ontdek opnuut dat God daar is: naby, reddend, voorsienend. Want God is genadig en barmhartig, ‘n God van medelye. ‘n God wat sy volk nie in skande wil laat kom nie” (Joël 2:12-13).

Ek ken nie jou omstandighede nie, maar miskien is dit ‘n boodskap wat jy vandag weer moet hoor. En waarop jy moet leer vertrou.

Here, ons twyfel baie dae aan U. Maar dankie vir Joël wat ons vandag weer daaraan herinner dat U bestaan en dat U genadig en barmhartig is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed