Boodskap vir Vandag

Search

Reëls vir die winter

“Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God” (Job 37:14).

Nie almal het die voorreg om in die wintertyd af te skakel, die kantoordeur agter hulle toe te sluit en weg te gaan nie.

Tog sit daar in hierdie oorgang van die seisoene, wanneer die meeste plante hulle blare afgooi, baie mense met vakansie gaan en die koue ons na binne dryf, die roep om stadiger te leef. Om hierdie tyd te gebruik om dieper te ontspan. En so iets van ons beter, geduldiger en liefdevoller self te herwin.

Om op dié manier ook nader te kom aan ons omgewing, ons medemens en miskien die belangrikste, die goeie Skepper van alles. Dit is dié God wat aan ons dié besonderse seisoen en luukse gun om ons in te keer – ja, ons selfs nuut te bekeer – tot dit wat regtig saak maak.

Die afgelope week stuur my skoonsus my ʼn klompie reëls wat my – en vir jou – in hierdie opsig kan help. Dié reëls staan bekend as binnehofreëls, of sommer stoepreëls. Dit lui soos volg:

“Read a book, feel the breeze, sip a drink, listen to the birds, enjoy the seasons, take a nap, put your feet up, relax!”

Jy moet tog saamstem. Dit kan nie te moeilik wees om hierby te hou nie.

Here, leer my in hierdie winterseisoen om, soos Job van ouds, stil te word en opnuut oor u wonderwerke na te dink. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed