Boodskap vir Vandag

Search

Reën waar jou bokke wei

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus (Filippense 4:19).

‘n Goeie kollega en vriend vertel my verlede week hierdie mooi storie.

Van hoe sy oupa, wanneer hy mense geluk gewens het met hulle verjaardag, altyd gesê het: “Mag dit baie reën daar waar jou bokke wei.”

Wie goed luister, sal in dié woorde ‘n besonderse seënbede hoor – een wat die ander die goeie guns en seën van die Heer toewens. Daardie Heer wat beskik oor ons lewe en wat steeds elke dag voorsien.

In dié gelukwensing of seënbede, sit daar natuurlik ook ‘n opvallende stuk grootmoedigheid, ‘n gerypte vryheid wat vir ‘n oomblik van die eie behoefte wegkyk en ander alles wat goed en mooi is gun, selfs al het jy dit self nog nie ontvang nie.

Waarskynlik moet ‘n mens ouer en meer volwasse word om só onselfsugtig te leef, om te besef dat dit inderdaad saliger is om te gee en te gun as om te neem en te ontvang.

Feit is: Wie dít geleer het, en boonop waag om dit uit te leef — soos my vriend se oupa — is ‘n baie ryk mens.

Hy of sy weet van die oorvloedige rykdom in Christus (Fil 4:19).

Here, maak ons vandag grootmoedig om u seën ryklik met ander te deel. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.