Boodskap vir Vandag

Search

Reën waar jou bokke wei

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus (Filippense 4:19).

‘n Goeie kollega en vriend vertel my verlede week hierdie mooi storie.

Van hoe sy oupa, wanneer hy mense geluk gewens het met hulle verjaardag, altyd gesê het: “Mag dit baie reën daar waar jou bokke wei.”

Wie goed luister, sal in dié woorde ‘n besonderse seënbede hoor – een wat die ander die goeie guns en seën van die Heer toewens. Daardie Heer wat beskik oor ons lewe en wat steeds elke dag voorsien.

In dié gelukwensing of seënbede, sit daar natuurlik ook ‘n opvallende stuk grootmoedigheid, ‘n gerypte vryheid wat vir ‘n oomblik van die eie behoefte wegkyk en ander alles wat goed en mooi is gun, selfs al het jy dit self nog nie ontvang nie.

Waarskynlik moet ‘n mens ouer en meer volwasse word om só onselfsugtig te leef, om te besef dat dit inderdaad saliger is om te gee en te gun as om te neem en te ontvang.

Feit is: Wie dít geleer het, en boonop waag om dit uit te leef — soos my vriend se oupa — is ‘n baie ryk mens.

Hy of sy weet van die oorvloedige rykdom in Christus (Fil 4:19).

Here, maak ons vandag grootmoedig om u seën ryklik met ander te deel. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed