Boodskap vir Vandag

Search

Roep hard

Maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” (Markus 10:48).

Ons almal was al in situasies waar iemand in die geselskap iets gesê of gedoen het wat ons laat skaam kry het. Wat ons wou laat fluister: “Bly stil! Jy kan mos sien dit is nie nou die tyd of plek nie … Sjuut!”

Ek het aan so ʼn situasie gedink toe ek Markus 10:46-52 lees. Die blinde man, Bartimeus, sit langs die pad. Hy hoor iets is aan die gebeur en iemand het hom seker van Jesus se teenwoordigheid vertel. Kliphard roep hy toe uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” (vers 47).

Die mense rondom hom het “gesjuut” en met hom geraas en hom aangesê om stil te bly, maar Bartimeus het net al harder geroep, seker tot irritasie van almal.

Jesus het vir Bartimeus hoor roep en gevra dat hulle hom moes nader bring. Jesus begin praat toe met Bartimeus en vra wat Hy vir hom kan doen. Bartimeus se antwoord was lomp, glad nie grammatikaal korrek nie (ook nie in die Grieks nie), maar hy noem Jesus “Rabboeni” en vra: “Dat ek kan sien” (v 51).

Bartimeus kon weer sien. Miskien nooi hy ons vandag uit om meer spontaan te wees met ons verlangens en nood voor God.

Jesus, Rabboeni, ontferm U tog oor my. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.