Boodskap vir Vandag

Search

Rooi en groen aanmaakkoeldrank

“’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” – Johannes 10:10.

Ek onthou ’n Kersvakansie toe my ouers ons eenkant geroep het: Ons moet nie geskenke verwag nie. Daar is bloot nie geld nie.

Tog skitter daardie kleintyd-Kersfees op ons familieplaas vandag nog aan my blink boom vol herinneringe. Ek onthou rooi en groen aanmaakkoeldrank met ronde ysies in groot glasbakke op die stoeptafel. Ons dogtertjies wat op kombuisstoele staan om soetkoekies te help uitrol. Die Agastoof wat pan ná pan goue koekies in die wit emaljeskottel uitspoeg totdat dit vol brosgeel sterre en hartjies in die kombuissonnetjie staan.

Hoekom was daardie Kersfees so spesiaal?

Was dit die intense beleef van kleure en reuke en indrukke? Sodat die rooi en groen helderder, die geur van kaneel skerper en die goeie van die dag ál beter word soos die Kersfeeste tussenin meer word?

Ja, dis dít. Maar daar is nog iets.

Die koeldrank en soetkoekies was nie ons kleinkinders s’n nie. Ons het dit vir die spannetjie plaaskinders uitgedeel wat skamerig nader gestaan het – die ingehoue afwagting in elke opkyk. Lank nadat die vrolike strepie kinders tussen die bloekoms verdwyn het, het die suiwer klanke van hul liedere nog in my kop weerklink waar ek kaalvoet op die koel plaasstoepmuurtjie gesit het.

Ek was te klein om my gevoel in woorde uit te druk. Vandag weet ek dat daardie dag die ware gees van Kersfees gedra het. Elkeen het iets van homself vir die ander gegee. En die gee was groter as die ontvang.

Here Jesus, U het Uself vir ons gegee, die grootste geskenk ooit. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed