Boodskap vir Vandag

Search

Ruimtes maak saak

Dit gaan goed met mense vir wie u huis ‘n tuiste is:
hulle hou nie op om U te prys nie (Psalm 84:5).

Ek onthou nog goed toe ek die eerste maal die belang van ‘n gesellige en warm ruimte vir die belewing van egte ontmoeting en geloofsgemeenskap ontdek het.

Dit was ironies genoeg in Denemarke tydens die negentigerjare.

‘n Vriend in Arhus, tweede grootste stad in Denemarke, het my die kerk gaan wys waar hy destyds as studenteleraar gewerk het.

Wat ‘n warm en gesellige ruimte was dit nie! Mooi matte, sagte beligting, klankdigte panele, kussings op banke wat almal in ‘n sirkel rondom die kansel geplaas was – en les bes: kleurryke lappe en simbole wat die mure en vensters versier het.

Ek het skielik verstaan dat Israel oor die tempel kon uitroep: “Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige” (Ps 84:2) Dit was eenvoudig lekker om daar te kom.

Natuurlik, so het ek onmiddellik gedink, kan ‘n ryk land soos Denemarke so iets makliker bekostig. Tot ek besef het dat die ruimte geensins luuks was nie – eintlik heel eenvoudig, maar met baie verbeelding en ‘n gevoel vir egte estetika en gemeenskap ingerig.

Dit was soveel anders as van die kerke en veral kerklike kampterreine waaraan ek gewoond was – ruimtes wat dikwels lelik, lawaaierig, koud, leeg en verbeeldingloos was.

Weer eens het ek besef hoe kerk-wees nie net gaan oor die mense wat saam kom om te aanbid nie – dit gaan ook oor die ruimte waarbinne dit geskied. Oor hoe daardie ruimte ingerig is, sodat dit die aanbidding kan help verdiep, die liturgie kan verryk, die eerbied vir God kan verhoog en die gemeenskap tussen gelowiges warmer en intiemer kan maak.

Onlangs het Kara Huber, vrou van die eertydse biskop van Berlyn, ‘n indrukwekkende boek oor die kerke in Berlyn op Stellenbosch bekend gestel.

Sy het besef dat as jy oor die kerk praat of skryf, ruimtes saak maak.

Here, dankie vir ruimtes wat u Naam eer en waarin ons U met oorgawe kan aanbid. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed