Boodskap vir Vandag

Search

Saam

Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.

– Psalm 139:3

 

Is daar mense wat saam met jou deur die lewe reis? Nie net op jou letterlike paaie nie, maar veral op jou emosionele reise.

 

Seisoene verander en daarmee saam ons vriende en familie se uitnodigings na hulle kringe van feeste en samesyn. Dalk is jy deur ’n egskeiding of die verlies van ’n geliefde en jy bevind jou nou buite die kring van die samesyn wat jy vroeër geken het. Dit kan ’n bitter eensame plek wees om te besoek – ’n verlate plek sonder ’n sense of belonging.

 

Ek self is deur ’n seisoen waarin ek as alleenloper moes spook om ’n nuwe sense of belonging te vind. Vriende wat voorheen as getroudes by my kom kuier het, het opgehou om uitnodigings te stuur na hulle tafels waar ander getroudes gaan aansit het. My plek van samesyn binne ’n getroude vriendekring het verskuif na ’n plek van alleenwees op die rusbank saam met my worshond. Ek het besluit om vrede te maak met hierdie nuwe plek, eerder as om te soek na romantiese geselskap net om weer deel van ’n couple te word.

 

Met al hierdie tyd tot my beskikking, sonder ’n verhoudingsmaat of ’n kind in die huis, het ek nader aan die Here beweeg en my behoefte aan samesyn en geselskap in Hom gestil. Ek het ’n dieper vriendskap met Hom gesluit en ’n ewige plek van belonging gevind. Ek voel nou nie meer so odd om as enkellopende op my rusbank te gaan sit óf funksies by te woon óf alleen deur die land te reis nie. Hy is sáám met my op elke pad.

 

Bruisgebed vir samesyn: Dankie, Here, dat U my nie vergeet nie en altyd saam met my en by my is.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed