Boodskap vir Vandag

Search

Saam-saam

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly” (Johannes 15:9).

Hoe sal ons God as vriend beskryf? Sallie McFague beskryf die “handeling” van God met die woord sustaining. Ons kan dit in Afrikaans vertaal met “dra, steun, bystaan, help en krag gee”. Ons is dus nie alleen nie.

Filia is die Griekse woorde vir broeder- of susterliefde, oftewel vriendskapsliefde. Vriende is aangetrokke tot die ander net soos hulle is. Dit gee hulle vreugde om in mekaar se teenwoordigheid te wees. Vriende is dikwels saam besig met gemeenskaplike belangstellings. ’n Mens doen immers dinge saam met jou vriende. Julle deel dieselfde droom of passie; dit wat julle opgewonde en hartseer maak. Vriendskap met God beteken ook ’n gedeelde belang, naamlik die well-being van die wêreld. Ons word uitgenooi om met die Vriend van die wêreld vriende te word.

Die kerk is ʼn gemeenskap. Ons sukkel om alleen gelowig te wees. Ons het mense nodig om ons te dra en aan God se teenwoordigheid te herinner. God kom gee Homself vir ons met woorde soos “Immanuel” (God met ons) en “Ek noem julle vriende” (Joh 15:15). En ons aardse vriendskappe is deel van die goeie geheimenisse van die lewe, naamlik om vreugde in ander se teenwoordigheid te vind.

Saam met U, Here, en saam met my medemens sal ek my rig op die welwese van die wêreld rondom my. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed