Boodskap vir Vandag

Search

Sandsak of vlerke

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het – Efesiërs 4:32.

Om vry en sonder skuld te kan lewe moet ons die pad van ware vergifnis stap.

’n Ma wie se seun gesterf het, vertel dat sy jare lank nie die persoon wat vir haar kind se dood verantwoordelik was, kon vergewe nie. Sy wóú nie. Die las van onvergewensgesindheid het ’n ál swaarder sandsak geword. Maar sy kón net nie.

Toe het sy God gevra om namens haar die skuldige te vergewe. Haar gebed was elke dag dieselfde: “Ek kan nie, Here. Vergewe U hom, asseblief.” Sy het geleidelik God se vergifnis vir die persoon begin erken. Dit was ’n lang proses. Maar die sandsak op haar skouers het ál ligter geword. Op ’n dag kon sy bid: “Here, help mý nou om hom te vergewe.” Dit was geen eenmalige “ek vergewe jou” nie, maar uiteindelik was haar vergifnis volkome.

Sy kon regop staan. Die swaar las van onvergewensgesindheid was nie meer op haar skouers nie. Dit het vir haar gevoel asof sy vlerke gekry het.

Philip Yancey skryf in Prayer: Does it make any difference?: “Dit is nodig dat ek vir ander bid, ook vir dié wat my veronreg en seermaak. Deur vir iemand in te tree by God, word ek deel van die stroom liefde wat God reeds oor daardie persoon wil uitstort. Hy leer my om met sy oë te kyk en vul my met deernis vir ander. Ek begin ander – en myself – sien soos God ons sien: gebroke mense met unieke foute, maar tegelyk unieke draers van sy beeld.”

Here, ek wil ander vergewe soos U my vergewe het. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed