Boodskap vir Vandag

Search

Seisoene

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd (Prediker 3:1).

Wysheid is om die seisoene in jou lewe raak te sien vir wat dit is – ʼn seisoen. Sommige tye is so dol jy nie weet of jy kom of gaan nie; ander tye voel jy miskien jou ure is te leeg. Daar is seisoene van leer, werk, kinders versorg, sukkel en vreugde.

Die kuns is om nie die seisoen waarin jy is mis te kyk en te onderwaardeer nie; om dit nie te vergelyk met tye wat al verby is nie; om nie te verlang na dinge wat nog moet kom nie. Te veel kere kyk ons terug en besef ons het iets gemis, ʼn belangrike oomblik.

Prediker 3 herinner ons dat elke ding ʼn vaste tyd het: “For everything there is a season, and a time for every matter under heaven,” sê die NRSV. Daarom is daar ook “ʼn tyd om aan te skaf, ʼn tyd om te laat wegraak” (3:6).

So is dit ook met ons emosies. Ons gaan deur winter, somer, lente en herfs. Die kuns is om nie jou ervaring op ʼn gegewe oomblik – veral as dit dalk negatief of leeg is – te sien as ʼn teken van God se afwesigheid nie. Ons leef al ons seisoene in sy deernisvolle teenwoordigheid.

Dankie, hemelse Vader, vir die seisoene van die lewe wat mekaar opvolg en waaruit ons altyd iets vir die toekoms kan neem. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed