Boodskap vir Vandag

Search

Sela

Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela – Psalm 21:3.

Die woordjie “sela” kom 71 keer in die psalms voor. Die algemene mening is dat dit na ’n musikale pouse verwys. In ons gejaagde lewe kan ons dit gerus ter harte neem en sê: “Ek mag maar sela.”

In die middel van ’n groot toetsreeks kry ek een van my hoërskoolmanne een middag in sy kamer. Hy lê rustig op sy bed – hande agter die kop.

“En nou?” kan ek nie help om te vra nie.

“Ek is ernstig besig met niksdoen, Ma,” kom dit ongestoord.

“Wat van môre se toets?”

“My kop kan niks meer vat nie. Selfs my kantlyne is vol geskryf.”

Daarmee het hy, ’n blote skoolkind, die siekte van ons tyd raakgevat. Ons dae is tot oorlopens toe vol. Selfs ons kantlyne is vol geskryf. Ons moet weer tyd inruim vir ernstig niksdoen – op ons eie, maar ook as gesinne en families.

’n Vrystaatse niggie vertel van haar grootwordjare op hul plaas. Sondag-laatmiddag het die gesin vir oulaas op die stoep vertoef, die teetrollie met toebroodjies tussen hulle. Die son het in al sy oranje glorie agter die doringbome weggesak. Die vrede en die ver rante se koel stilte het ongemerk tussen hulle ingesypel. Gesels en stilte het moeiteloos ineengevloei.

Ons het Sabbatsvrede en -stilte nodig. Ons het die ritme van rus en nadink nodig. Ons het die ordening nodig van dinge wat ons dae in beslag neem. Ons het tyd nodig om perspektief te kry. Gesinne moet weer saam sit. Sonder ’n agenda.

Here, help my om te kan sela. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed