Boodskap vir Vandag

Search

Sien, hoor en ervaar

Lees Openbaring 16:15.

“Kyk, Ek kom onverwags soos ’n dief ” (v 15).

Mense het uiteenlopende denkpatrone. Party dink visueel. Daarom “sien” hulle wat ander sê. Ander dink deur middel van klank. Hulle “hoor” wat gesê word. Nog ander dink gevoelsmatig. Hulle is “in voeling” met wat jy sê. Alhoewel ons al hierdie fasette – sig, gehoor en gevoel – benut, het ons bepaalde voorkeure. Johannes gebruik egter sommer al hierdie aspekte in Openbaring. Wanneer hy in hoofstuk 4 in die hemel opdaag, sien hy ongelooflike dinge. Hy sien God wat op sy troon sit, omring deur die hemelse skare! Hy hoor ook wat hulle doen wanneer hulle begin om God te aanbid.

In Openbaring 5 is Johannes se emosies sterk; hy huil wanneer niemand die boekrol wat in God se hand is, kan oopmaak nie. Hier in hoofstuk 16 sien, hoor en voel hy ook God se woede en sondaars se ongeloof intens aan.

Openbaring is ’n visuele boek. ’n Mens moet hierdie verhaal lees totdat jy die groter prent sien van God wat so in beheer van sake is dat Hy rustig op sy hemelse troon sit. Jy moet ook sien dat Jesus alle mag in die hemel en op aarde het sedert sy aankoms in die hemel. Dan wil jy ook saam met die hemelse skare voor Hom en God neerval en vol emosie uitroep dat alle lof aan Hom toekom wat op die troon sit en aan die Lam!

Om Openbaring klinies te wil lees, is om op die verkeerde pad te loop. Jy moet lees totdat jy “sien” wat Johannes sien. Wanneer jy reg sien, moet jy ook hoor en ervaar! Ja, dan moet jy met jou lewe buig voor die lewende Here en God.

Ek buig voor U, lewende Here.

Stephan Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed