Boodskap vir Vandag

Search

Sien my raak!

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink” – Matteus 18:6.

’n Tienjarige meisie sug: “Ek wens net iemand wil my ’n slag raaksien.” Tuis is sy ’n geliefde kind wat met gesonde waardes en ’n goeie besef van haar unieke plek in die gesin grootword. By die skool word sy egter nie na waarde geskat nie. Omdat sy haarself nie “bemark” nie, kyk onderwysers bo-oor haar.

Onderwysers volg die kitsroete: Vir ’n konsert word kinders gekies wat ooglopend selfversekerd is. Vir helpers êrens word kinders gekies wie se hande eerste in die lug skiet. Sportuitblinkers word soos helde hanteer, terwyl hul karakter dikwels misgekyk word.

Om ’n uitgesoekte paar kinders op te hef ten koste van ander is vir albei partye ’n ewe groot onreg. Die aandaggroep ontwikkel ’n vals selfversekerdheid. Word hulle later met onreg gekonfronteer, is die prestasies waarop hul selfbeeld gebou is, skielik betekenisloos. Dit verhoed eintlik dat hulle hul ware self sien.

Vir die kinders wat misgekyk word, is dit dikwels ’n moeisame pad voordat hulle besef hulle is ook van waarde. Hulle is ook uniek, met ’n rol om te vervul.

Onbewustelik help onderwysers dikwels ’n prestasiekultuur aan. Só dra hulle die boodskap oor dat 15 minute se kollig meer waarde het as elke dag se getrouheid in die klein en groot dinge.

Volwassenes moet self eers begryp watter dinge werklik belangrik is. Daarsonder kan ons die kinders in ons sorg maak of breek.

Here, gee my die insig om elke kind se verborge potensiaal raak te sien. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed