Boodskap vir Vandag

Search

Sit, Ouma

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys – Handelinge 2:46-47a.

“Ons sit, Ouma,” sê die dogtertjie op die bank beslis toe haar ouma wil opstaan om die kombuis te gaan help opruim waar kostrommels, kampstoele en vuil wasgoed die vloer vol staan.

Die gesin is pas terug van ’n seevakansie en die jong mamma van drie kleuters sou kon doen met ’n flink, ekstra hand. Maar Ouma het bly sit. Rustig. Sodat die kleinkind ongestoord alles kon vertel wat haar twee jaar oue hart vol lê.

Ons moet onsself inoefen in die kuns om bymekaar te kan vertoef. Ons moet leer wanneer om doelbewus horlosietyd en dringende móét-doen-dinge eenkant te skuif.

Die eerste gemeente van wie in Handelinge vertel word, het hierdie beginsel uitgeleef. Buitestanders het hulle dopgehou. Hulle het die onderlinge samehorigheid, asook Christus se vrede en vreugde in hul saamwees gesien. Hulle wou dit ook ervaar.

Henri Nouwen skryf in sy boek With open hands: “Dit is nie moeilik om mense te mobiliseer of om doelgerig aan ’n spesifieke projek te werk nie. Maar ek wonder al hoe meer of die belangrikste ding nie is om mense by die naam te ken nie; om saam met hulle te eet en te drink en na hul stories te luister – en dan jou eie te vertel om hulle deur jou woorde, ’n handdruk en ’n omhelsing daarvan te verseker dat jy nie bloot van hulle hou nie, maar hulle werklik liefhet.”

Here, help ons om sonder haas by mekaar te vertoef. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed