Boodskap vir Vandag

Search

Skoonheid bring die hart tot rus

Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet,
uit die grond laat uitspruit (Genesis 2:9).

Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;
musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly (Psalm 45:9).

Onlangs in gesprek met vriende haal een van hulle ‘n ou invloedryke geestelike aan.

Dié man het op ‘n stadium geskryf: “Beauty stabilises the heart”, ietwat vry vertaal: “Skoonheid bring die hart tot rus.”

Hoe goed wéét ons dit nie: Hoe ‘n lelike, vuil en deurmekaar huis of vertrek, jou binneste kan steur en omkrap en jou selfs met weersin kan vul. En hoe presies die teenoorgestelde gebeur wanneer jy ‘n kamer of huis binnestap, ja, selfs ‘n gesellige koffieplek, wat mooi en warm ingerig is, dikwels met kleurvolle portrette of skilderye, interessante boeke, brandende kaggel en keurige meubels.

Natuurlik is dit nie net binne mooi huishoudelike ruimtes waar die hart tot rus kom nie. Die estetika wat ons rustig kan stem, kan op baie ander maniere na ons toe kom. Soos die skone natuur met sy oorvloed kleure, klanke en geure wat nooit ver van ons af is nie en ons asem telkens kan wegslaan as ons ons net met oorgawe daartoe keer.

Of mooi musiek wat die hart só kan oorweldig dat dit jou tot nuwe ekstase en vreugdes kan voer, jou selfs wil laat huil en dans.

Een van my meer beskamende ervarings in dié verband was toe ek etlike jare gelede ontdek het hoe keurig en gesellig baie van die informele wonings in ons townships aan die binnekant ingerig is.

Van buite lyk hulle miskien vervalle en ellendig, maar as die vriendelike mense jou binnenooi, sien en weet jy opeens wáárom en hóé orde en skoonheid die hart kan stabiliseer.

En waarom ons wat bevoorreg is, nog veel méér in dié verband moet doen.

Here dankie vir skoonheid om en in ons wat vandag weer ons harte tot rus kan bring. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.