Boodskap vir Vandag

Search

Sleutels tot oorlewing

Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het (Filippense 4:18).

Praat van dinge wat sin kan gee aan ons lewe!

Tydens die sogenaamde “Reign of Terror” in Rusland in die dertigerjare van die vorige eeu, word Natalya Rykova onskuldig veroordeel. Sy beland vyftien jaar lank in ‘n strafkamp. Haar invloedryke man, Alexei Rykov, is enkele dae vroeër deur Stalin en sy trawante koelbloedig vermoor.

Maar dít was hoe Stalin se Bolsjewiste in dié dae regeer het – deur ou partygenote en vriende as sogenaamde bedrieërs op te stel, hulle valslik aan te kla en dan wreedaardig uit te skakel.

Natalya Rykov oorleef wel dié nagmerrie. Sy keer later terug Moskou toe om as 85-jarige haar verhaal te vertel – weliswaar sonder bitterheid, maar met trane wat oor haar wange stroom.

“I survived because of the beauty of nature that I saw every day in the forests and the kindness of people, for there were more kind people than bad people.”

Wie goed kyk en daarvoor oop is, sal vandag steeds ontdek dat hierdie twee dinge – die skone natuur en die deernis van goedhartige mense – sin aan ons lewe kan gee.

Veral wanneer ons onsself in die spreekwoordelike wildernis bevind.

Here, dankie vir die seisoene, vir die skone natuur en veral vir goeie mense, ja, liefdevolle vriende én vreemdelinge wat vandag weer sin aan ons brose lewe verleen. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed