Boodskap vir Vandag

Search

So intiem kan dit word

Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf (Lukas 7:38).

Die toets of ons gewillig is om ons vooroordele te los en mense regtig te leer ken en te aanvaar, lê gewoonlik in ons gewilligheid om bý hulle te wees, om tyd saam met hulle deur te bring.

Dit kan op verskillende maniere gebeur. Die bekendste is waarskynlik om saam te kuier of saam te eet.

In die tyd van Jesus was ‘n maaltyd sáám by uitstek die wyse waarop mense hulle begeerte om met ander te assosieer of te meng, gewys het. Wat dit verstaanbaar maak waarom die Fariseërs so aanstoot geneem het dat Jesus met tollenaars en sondaars kon eet.

In Jesus se geval het hy selfs nog ‘n stap verder gegaan. Het Hy toegelaat dat sommige ook aan hom raak, selfs sy voete met hulle hare afdroog, soen en met sagte hande insalf – soos die ontugtige vrou van Lukas 7:36-50 gedoen het.

In die Bybel is daar beswaarlik ‘n meer intieme toneel. Aangrypend beskryf die teoloog, Debie Thomas, dit:

“What happened between Jesus and the weeping woman happens skin to skin … Her contrition, her worship, her yearning and her love are enacted through her body, and Jesus receives them into his own body with gratitude, love, tenderness and pleasure …The holy sacraments here are skin, salt, sweat and tears …This is not a polite piety of the mind; this is physical extravagance.”

Maar só deurbreek Jesus menslike vooroordele en skep Hy intieme en bevrydende gemeenskap.

Ek wonder vandag hoeveel van ons kans sien om so ‘n Christus te volg?

Here, leer ons vandag dié liefde wat braaf genoeg is om U te omhels. Want hoe anders sal ons sover kom om ook ander lief te kry en te omhels? Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.