Boodskap vir Vandag

Search

Só is God!

Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan (Genesis 28:15).

Die mooiste van Jakob se droom in Genesis 28 is dat God teen alle verwagtings in nie ‘n woord oor Jakob se sondes rep nie.

Jakob is allermins onskuldig aan sy vertrek van sy familie af. Nee, hy is angstig op vlug – weg van sy ouers, weg van sy broer, weg van sy bedrog, weg van homself en sy omstrede verlede.

‘n Mens sou verwag dat wanneer God hom nou hier in die nag voorkeer, God hom ten minste hieraan sou herinner. Sodat hy sy wandade in die oë sou kyk en daarmee in die reine kom.

Maar dit gebeur nie. Die teendeel gebeur eerder: God herhaal en hernu ‘n vroeëre belofte. Soos destyds met Abraham en Isak, beloof God aan Jakob en sy nageslag nogeens ‘n tuiste in die land. Meer nog: God beloof sy troue bystand en beskerming.

Boonop staan God in vir vroeëre beloftes. Luister net: “Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het” (Gen 28:15).

God se nagbesoek en troostende woorde aan Jakob, die voortvlugtende bedrieër, geskied teen die verwagtings van Jakob en die leser in. Dit is in alle opsigte ’n verrassing.

Maar só is die God van die Bybel, die God van Christus. Dit is ‘n God wat moeite maak met mense, wat by uitstek sondaars liefhet, wat boonop nie boekhou van die kwaad nie en hulle ook nie daarop vaspen nie.

Weliswaar, so lees ons elders in die Bybel, haat God die sonde en die onreg. Maar God skrik nie daarvoor nie, God laat nie toe dat dit die uiteindelike plan met Jakob (en met mense soos Jakob) omver gooi of verydel nie. Trouens, God is bereid om die sonde aan te vat, dit hok te slaan en te oorwin. En só die mens daarvoor te vergewe. Ook daarvan te verlos.

Dit sou later op ‘n dramatiese wyse met Jakob by die Jabbokrivier gebeur. Maar nou eers moes Jakob weet: God is sy vriend wat by hom wil staan.

Tog ongelooflik!

Dankie Here dat U ‘n genadige God is wat ons nie vaspen op ons sondes nie, maar ons bly vergewe, bly soek. Help ons om dit vandag weer van harte te glo. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed