Boodskap vir Vandag

Search

So ‘n oefening is nooit sleg nie

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te leef (1 Timoteus 4:7).

In die boek “Hoe ek myself verander het”, skryf die bekende geestelike, Jorg Zink, interessant oor sekere betekenisvolle veranderinge in sy lewe.

Hy noem nie minder nie as ses aspekte van sy lewe waarin hy tog, so hoop hy, kan praat van ‘n sinvolle verandering.

So noem hy byvoorbeeld dat hy voorheen ‘n baie ongeduldige mens was by wie daar genadiglik oor die jare meer geduld gegroei het. Of dat hy ‘n alleenloper was wat mettertyd die onmisbare rol en bydrae van ander, en spesifiek die waarde van spesiale vriendskappe, leer ken en waardeer het.

Of dat hy ‘n akademikus was met die pretensie dat hy alles van die teologie kan weet. Terwyl hy nou besef daar is maar ‘n deel van die waarheid aan hom toevertrou. En dat ‘n bietjie beskeidenheid geen skande is nie.

Luister ‘n mens na Zink, dwing dit jou amper om ook te vra: “Waar in my lewe benodig ek ook verandering, daardie aanpassinge of verskuiwinge wat nodig is om van my ‘n meer volwasse, liefdevolle en bruikbare mens te maak?”

So ‘n oefening is nooit sleg nie.

Here, gee ons vandag die moed om ons eie lewe eerlik in oënskou voor U te neem sodat ons sal weet waar ons moet verander. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed