Boodskap vir Vandag

Search

Só toon God sy mag

Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? (Jesaja 53:1).

In Jesaja 53 – wat in die Nuwe Testament as ‘n direkte toespeling op Jesus se lyding vertolk word – sien ons die unieke manier en styl waarop God die nood van ons wêreld beredder.

Dit is só onverwags, só nuut en ongelooflik anders dat die skrywer tereg antisipeer dat min dit sal glo (Jes 53:1). Ook dat dit nasies uitermate sal verbaas. Selfs konings sprakeloos sal laat (Jes 52:15).

Want God, so skryf die profeet, toon sy mag nie deur weerwraak of geweld nie. Ook nie deur sosiale vertoon of politieke maneuvrering nie. Nee, God werk met liefde en versoening, met vergifnis en vryspraak, met ‘n krag wat troos en wonde genees.

En hierdie krag, so hoor ons, toon God deur die lewe en werk van ‘n weerlose en onaansienlike dienskneg – een wat ons pyn en stryd verstaan. Wat selfs vir ons dwalings en droogmakery instaan.

Al kos dit ook totale onbegrip, bitter lyding en pynlike verwerping.

Wie hierdie dienskneg se voorbeeld navolg, toelaat dat sy manier ook jóú manier word, raak soos Hy ‘n instrument van vrede in God se hand.

En hoe nodig het ons land nie vandag sulke mense nie! Mense sonder pretensie wat nie angstig soek na méér roem, mag, geld of invloed nie. Maar wat op ‘n stil en nederige manier bereid is om ander te dien, selfs – en dít is moeiliker – verantwoordelikheid vir hulle sondes en wangedrag te aanvaar.

Net soos die lydende Christus.

O Here, dankie opnuut vir Hom, u Seun en Dienaar, wat sy lewe gegee het sodat ons kan lewe. Help ons om vandag sy weg te volg. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed