Boodskap vir Vandag

Search

Só toon God sy mag

Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? (Jesaja 53:1).

In Jesaja 53 – wat in die Nuwe Testament as ‘n direkte toespeling op Jesus se lyding vertolk word – sien ons die unieke manier en styl waarop God die nood van ons wêreld beredder.

Dit is só onverwags, só nuut en ongelooflik anders dat die skrywer tereg antisipeer dat min dit sal glo (Jes 53:1). Ook dat dit nasies uitermate sal verbaas. Selfs konings sprakeloos sal laat (Jes 52:15).

Want God, so skryf die profeet, toon sy mag nie deur weerwraak of geweld nie. Ook nie deur sosiale vertoon of politieke maneuvrering nie. Nee, God werk met liefde en versoening, met vergifnis en vryspraak, met ‘n krag wat troos en wonde genees.

En hierdie krag, so hoor ons, toon God deur die lewe en werk van ‘n weerlose en onaansienlike dienskneg – een wat ons pyn en stryd verstaan. Wat selfs vir ons dwalings en droogmakery instaan.

Al kos dit ook totale onbegrip, bitter lyding en pynlike verwerping.

Wie hierdie dienskneg se voorbeeld navolg, toelaat dat sy manier ook jóú manier word, raak soos Hy ‘n instrument van vrede in God se hand.

En hoe nodig het ons land nie vandag sulke mense nie! Mense sonder pretensie wat nie angstig soek na méér roem, mag, geld of invloed nie. Maar wat op ‘n stil en nederige manier bereid is om ander te dien, selfs – en dít is moeiliker – verantwoordelikheid vir hulle sondes en wangedrag te aanvaar.

Net soos die lydende Christus.

O Here, dankie opnuut vir Hom, u Seun en Dienaar, wat sy lewe gegee het sodat ons kan lewe. Help ons om vandag sy weg te volg. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.