Boodskap vir Vandag

Search

Sodat ons dit eg kan deurleef

Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ‘n klip verbrysel (Psalm 137:9).

Onlangs verwoord ‘n vrou iets wat baie gelowiges voel.

Dit is dat sy moeilik aan die Ou Testament verteer.

“Dit is darem net té wreed. Behalwe dat die boek praat van ‘n God wat straf, gaan dit ook oor mense wat gedurig weerwraak soek, selfs bid vir hulle vyande se ondergang. Lees maar net Psalm 59 vers 11 en verder.

“En dit is maar een van baie.”

Die vrou is natuurlik reg. Want die Ou Testament kom uit ‘n tyd waarin mense meer primitief en gewelddadig geleef het. Dit weerspieël die gebruike, reëls en kodes van so ‘n tyd, van oorlog, kinderoffers, steniging, volksmoord en persoonlike wraak.

Die ergste is waarskynlik die teks uit Psalm 137 waar ‘n balling nadink oor die onreg wat die Babiloniërs en sy eie volksgenote, die Edomiete, hulle aangedoen het.

‘n Mens hoor behoorlik hoe sy bloed kook wanneer hy die bykans ongehoorde kwytraak: “Gelukkig is die man wat jou terugbetaal vir wat jy ons aangedoen het. Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ‘n klip verbrysel” (Ps 137:9).

Wanneer ‘n besprekingsgroep hulle onsteltenis oor hierdie duidelik nie-Christelike wens uitspreek, herinner een van die lede hulle daaraan:

“Natuurlik is dit te erg. Maar moenie vergeet nie – dit is ménslik. Dit is hoe mense, ook ons, soms voel en wil reageer. Laat ek eerlik wees. Ek wens nou wel nie my naastes dood nie. Maar daar is sommige van wie ek voel ek sou hulle kop ‘n bietjie langer onder die water wou hou.”

Hoe goed om te weet dat die Bybel nie te gou ons eg-menslike gevoelens, hoe skeef en impulsief ook al, wegpraat of verdoesel nie, maar dit fel ontbloot.

Sodat ons dit eg kan deurleef en ook dáármee vandag na ‘n God wat vergewe en herskep kan gaan.

Here, dankie dat U ons toelaat om diep te voel – ook om met ons negatiewe ervarings na U toe te kom. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed