Boodskap vir Vandag

Search

Soet soos heuning

Eet heuning, my seun, dit is lekker; die stroop is soet in jou mond. So smaak die kennis, die wysheid ook; as jy dié gekry het, het jy ’n toekoms, en jou hoop sal jou nie ontneem word nie – Spreuke 24:13-14.

Ek lees in Kos uit die Bybel, ’n resepteboek vol interessante resepte en brokkies inligting oor Bybelse kossoorte, dat heuning die gewildste versoeter in Bybelse tye was. Omdat die inwoners relatief laat met heuning begin boer het, was hulle lank op wilde heuning aangewese. Moses het in die woestyn gesing van die heuning wat in die klipskeure gevind is en Simson vind ’n byenes in die geraamte van ’n leeu. Heuning is deel van Johannes die Doper se daaglikse voedsel in die woestyn.

In Lukas 24:41-43 (1933/1953-vertaling) lees ons Jesus het ná sy opstanding gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek geëet kort nadat Hy aan sy dissipels verskyn het.

Heuning was nie altyd so maklik bekombaar nie. Dit was dus baie gesog. Salomo maak die verkryging van wysheid derhalwe baie aanloklik wanneer hy skryf dat dit soet soos heuning proe.

Ons lees herhaaldelik dat heuning nie net ’n persoon gevoed het nie, maar ook met nuwe krag en energie gevul het sodat hy weer kans gesien het vir die uitdagings wat wag. Net so versterk wysheid ons met nuwe hoop op ons verlossing.

Here, dankie dat u wysheid soet soos heuning proe. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed