Boodskap vir Vandag

Search

Sonder einde

Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie (Psalm 136:1).

Alan Jones skryf oor die diepte van God se wese en liefde. Dit laat hom dink aan die woorde van die bekende skrywer Iris Murdoch:

“The point is, one will never get to the end of it, never get to the bottom of it, never, never, never. And never, never, never is what you must take for your shield and your most glorious promise.”

Nooit, nooit, nooit is die einde van God se liefde nie. Geen wonder Hadewijch, die Vlaamse mistikus van die Middeleeue, het God as “afgrond” van liefde beskryf nie. Hierdie woord dui op ʼn abyss, ʼn diepte, ʼn bodemlose poel: “Die afgront daer si min in sende, die es dieper dan de zee.”

Hierdie afgrond is God se liefde, maar ook ʼn maalstroom van God self. Die Drie-eenheid trek ons intiem in tot in hierdie liefdesverhouding sonder grense. Tot in die nooit, nooit, nooit.

Dankie, Here, dat ons kan weet en kan glo: Aan u liefde is daar nooit, nooit, nooit einde nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed