Boodskap vir Vandag

Search

Soos goeie wyn

“My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is” (Johannes 15:8).

“Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Johannes 10:10).

Een van die groot misverstande ten opsigte van godsdiens is dat dit noodwendig die mens se vryheid inperk of vernietig.

En só die spontane vloei van ons lewe aan bande lê, selfs ons vreugde in die proses demp.

Natuurlik is daar vorme van godsdiens wat dit doen, veral dié wat uitsluitlik met streng wettiese voorskrifte en bepalings werk. En mense daaraan verslaaf. Wie egter na die boodskap van Christus luister, sal weet dat egte godsdiens, oftewel geloof, bedoel is om ʼn bevrydende en positiewe uitwerking op ons lewe te hê.

Nêrens word dit duideliker uitgespel as in Johannes 15 nie. Hier hoor ons dat wie in Christus glo, bestem is tot ʼn vrugbare lewe – ʼn lewe waarin blyskap en liefde floreer. En waardeur God verheerlik word (Johannes 15:8).

Trouens, dit was die hele doel van Jesus se sending na ons wêreld: dat mense soos ons, wat dikwels swaarkry en sukkel, egte lewe en dit in oorvloed sal ontvang en geniet. Presies soos met die proe van goeie wyn.

Wat meer kan ons verlang?

Here, vergewe ons dat ons steeds soos slawe leef, en dit terwyl U ons as u kinders aangeneem het. Dankie dat U ons bestem het om vrugbaar en met vreugde te leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.